Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Brakkie met groen pels gebore
Pistachio is met ’n groen pels gebore op ’n plaas op die Italiaanse eiland, Sardinië. Foto: Cristian Mallocci, Reuters

’n Boer in Italië kon sy oë nie glo toe een van sy honde, Spelacchia, aan ’n groen hondjie geboorte gee nie.

Die piepklein brakkie, wat onmiddellik Pistachio gedoop is, was deel van ’n werpsel van vyf. Sy sibbe het almal, net soos hul kruisras ma, ’n wit pels.

Die boer, Cristian Mallocci, boer saam met sy swaer, Giannangelo Liperi, op ’n plaas op die Mediterreense eiland, Sardinië.

Dit is baie seldsaam dat ’n hond met ’n groen pels gebore word en daar word vermoed dat dit gebeur wanneer ligte kleurige fetusse in die baarmoeder in aanraking kom met biliverdien, ’n pigment wat in gal voorkom.

Dit is dieselfde pigment wat die groen skynsel aan kneusplekke gee.

Pistachio se besonderse kleur sal egter nie vir altyd hou nie. Toe hy gebore is, was hy ’n helder groen kleur maar dit word daagliks dowwer en sal soos hy ouer word al ligter word.

Mallocci gaan die res van die werpsel weggee maar beplan om Pistachio te leer om saam met sy ma, Spelacchia, skape op te pas.

Mallocci sê in die huidige moeilike tye met die Covid-10-pandemie is groen ’n kleur van hoop en dit is dalk so bestem dat Pistachio ’n glimlag op mense se gesig sit. – Reuters.

Pistachio staan uit tussen die res van die werpsel wat net soos hulle ma ’n wit pels het. Foto: Cristian Mallocci, Reuters
Sy ogies is nog nie oop nie en die groen kleur van Pistachio se pels sal geleidelik verbleik Foto: Cristian Mallocci, Reuters
Pistachio se broers en susters gaan na ander huise, maar hy gaan op die plaas op Sardinië aanbly om skape te help oppas. Foto: Cristian Mallocci, Reuters

.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.