Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Bykans 100 houers met bulsemen in brand verwoes

Ongeveer 100 silinders vol bulsemen is in ’n brand op ’n plaas in Australië verwoes.

Brandbestryders het hard gewerk om die nagtelike brand op die plaas van Yarram Herd Services, oos van Victoria, in bedwang te bring.

Die brand het Dinsdag omstreeks 03:00 uitgebreek en is twee uur later geblus.

’n Woordvoerder van die brandweer in Victoria het aan die Daily Mail gesê die hele gebou is in puin gelê.

Yarram Herd Services is ’n organisasie sonder winsbejag wat dienste soos kunsmatige inseminasie en voortplanting aan die veebedryf verskaf.

Aaron Thomas, ondervoorsitter van die Yarram Herd Services-bestuur, het aan ABC gesê die silinders kos elk tussen $500 en $1 000 (sowat R5 000 tot R10 000).

Die semen word verskaf teen R50 tot R950 per strooitjie.

Die oorsaak van die brand was teen gisteraand nog nie bekend nie.

Bron: Daily Mail

Meer oor:  Semen  |  Verwoes  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.