Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Duur les: Moenie geld blaas as bank ’n foutjie maak nie

’n Onverwagte R1,8 miljoen in jou bankrekening kan nogal lekker wees.

Dit is presies wat gebeur het met ’n paartjie van Montoursville in Pennsilvanië, Amerika.

Maar toe gaan bestee hulle dié geld sonder om eers te probeer uitvind waar dit vandaan kom – en nou word hulle van diefstal aangekla.

Dit het alles begin toe ’n bankkliënt in die Amerikaanse deelstaat Georgia op 31 Mei $120 000 in ’n rekening wou inbetaal. Die bankteller het ongelukkig ’n fout met die rekeningnommer begaan en die geld foutiewelik in Robert en Tiffany Williams se rekening gedeponeer.

CBS News berig in plaas daarvan dat hulle navraag by die bank gedoen het, het hulle eerder meer as $100 000 bestee, onder meer vir ’n $15 000-deposito op ’n Chevy Traverse, twee vierwielmotorfietse ter waarde van sowat $10 000 en ’n woonwa van $4 500. Hulle het ook van die geld gebruik om rekeninge te betaal en $15 000 vir “vriende met finansiële probleme” gegee.

Toe die bank sy fout agterkom, is die geld na die korrekte rekening oorbetaal.

WNEP berig die bank het die paartjie op 20 Junie gebel en gesê hulle moet die $107 000 waarmee hul rekening toe oortrokke was, terugbetaal. Op 21 Junie is die paartjie weer gebel en Tiffany het toe gesê sy het nie meer die geld nie omdat sy rekeninge daarmee betaal het. Sy het ook onderneem dat sy en Robert ’n terugbetalingsplan sou uitwerk.

Die bank kon egter daarna nie weer die egpaar in die hande kry nie, berig CNN.

Die paartjie het Maandag in die hof verskyn op ’n aanklag van diefstal. Hulle het glo aan die polisie gesê hulle het besef dit is nie hul geld nie.

“Al wat ek gaan sê, is dat ons swak regsadvies van sekere mense gekry het,” het Robert Maandag buite die hof aan WNEP gesê.

Hulle is op borgtog van $25 000 vrygelaat.

Meer oor:  Amerika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.