Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Flintoff se penis ‘soos dooie vis’ tydens fietsren

Andrew “Freddie” Flintoff (42), die Top Gear-aanbieder en voormalige internasionale krieketster, moes mediese behandeling ontvang nadat hy gedurende ’n fietsrygeleentheid gevoel in sy penis verloor het.

Andrew ‘Freddie’ Flintoff Foto: Getty Images

Flintoff onthul in sy nuwe boek, Right, Said Fred, hy het aan ’n fietsry-liefdadigheidsgeleentheid van Atene in Griekeland tot in Londen deelgeneem, toe hy ná drie dae gevoel in sy penis verloor het.

“Dit het skielik net gevoel verloor. Amper asof ek dit in ’n deur vasgevang het. Dit was soos ’n dooie vis.

“Ek het aan die dokter gesê, ‘dok, ek is bevrees jy gaan na my ou maat moet kyk, want ek kan hom nie voel nie’.”

Flintoff sê die dokter was blasé in sy antwoord dat dit ’n algemene probleem onder fietsryers is.

Hy sê dit het ’n paar dae geneem voordat hy weer die gevoel in sy penis teruggekry het.

“Die ou maat het ná so drie dae weer herrys nadat ek in Londen aangekom het.”

Flintoff het in 2012 aan die liefdadigheidsgeleentheid deelgeneem en £2 miljoen ingesamel saam met die voormalige rugbyspeler Lawrence Dallaglio (47).

– Bronne: The Sun, The Mirror, Digital Spy

Meer oor:  Freddie Flintoff  |  Londen  |  Brittanje  |  Liefdadigheid  |  Fietsren
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.