Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Fotograaf fnuik diefstal van Frances se Oscar
Terry Bryant Foto: ReUTERS

Dit het soos ’n toneel uit ’n fliek gekyk toe ’n fotograaf ’n man voorgekeer het wat probeer het om met Frances McDormand se Oscar op die vlug te slaan.

Terry Bryant is in hegtenis geneem en op borgtog van $20 000 (sowat R220 000) vrygelaat, het die polisie in Los Angeles gesê.

McDormand se Oscar as beste aktrise het ’n ruk lank verdwyn by die Governor’s Ball-partytjie in Hollywood.

Oscar-wenners se goue beeldjies word daar gegraveer.

“Ek het my Oscar verloor,” het McDormand (60) skouerophalend gesê. Die fotograaf het gesien hoe Bryant laat spaander met die Oscar terwyl dié sê: “Ek het hom! Ons het dit gedoen!”

Die fotograaf het agterdogtig geraak omdat hy nie kon onthou dat hy Bryant by die Oscars gesien het nie. Hy het Bryant gevolg en die Oscar teruggevat waarna Bryant in hegtenis geneem is. – Reuters

Meer oor:  Frances Mcdormand  |  Fotograaf  |  Diefstal  |  Oscar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.