Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Goeiste! Kelner kry reuse-fooi, deel dit uit

’n Kelner van KwaZulu-Natal kon sy oë nie glo toe hy met ’n fooi van R5 000 beloon is nie.

Murphy Nyengele (26), ’n kelner van Durban, is onlangs aangenaam verras toe hy ’n fooi van R5 000 gekry het.

Murphy Nyengele (26), ’n kelner by die Onomo-hotel in Durban, sê ’n egpaar van Johannesburg het sowat drie dae in die hotel deurgebring.

Nyengele het hulle drie keer met aandete bedien. Die egpaar was die eerste keer só beïndruk met sy diens dat hulle gevra het hy moet hulle die ander aande ook bedien.

“Hulle het die manier bewonder waarop ek hulle as kelner behandel het. Ek het met hulle gesels en voorstelle oor die spyskaart gemaak,” sê Nyengele.

Ná die egpaar se ete op hul tweede aand in die hotel op 13 September, het Nyengele hul rekening van R777 vir hulle geneem. Toe hy weer sien, het die man ’n fooi van R5 000 vir hom op die strokie aangedui.

“Ek was geskok en sprakeloos. Ek het gevra of hulle seker was oor die bedrag en hulle het my gerusgestel dat dit inderdaad reg is,” sê Nyengele.

Hy werk al een en ’n half jaar as kelner by die hotel.

In plaas daarvan om al die geld vir homself te gebruik, het Nyengele besluit om dit met sy kollegas te deel.

“Dit was spanwerk en almal het op ’n manier bygedra om die egpaar se tyd in die hotel aangenaam te maak. Om te deel, is iets wat jy moet doen,” sê hy.

Murphy Nyengele (26), ’n kelner, het ’n fooi van R5 000 met sy kollegas gedeel.
’n Egpaar van Johannesburg het Murphy Nyengele (26), ’n kelner van Durban, met R5 000 beloon vir sy goeie diens.

Hy het die geld uiteindelik met sowat 15 kollegas gedeel, nadat hy eers vir hulle ’n drankie van hul keuse by die kroeg gekoop het. Hy het ook daarvan gebruik om sy voertuig met brandstof vol te maak.

Sy kollegas het die geld vir onder meer kos en vervoer gebruik.

“Hulle was baie emosioneel daaroor,” sê hy.

Nyengele se boodskap is om mense dieselfde te behandel, maak nie saak wie of wat hulle is nie.

“ ’n Mens moet altyd beter doen, want jy weet nie wie vir jou kyk nie.”

Met die egpaar se laaste aandete in die hotel, het hulle Nyengele ’n R200-fooi gegee vir ’n rekening van sowat R200.

Nyengele is ook ’n briek- en hiphop-danser en choreograaf.

Meer oor:  Durban  |  Kwazulu-Natal  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.