Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Gratis vakansie as jy, vrou, agter 5 mans sal skoonmaak

Gesoek: ’n Vrou wat bereid is om vir net meer as twee weke agter vyf mans skoon te maak en te kook terwyl hulle vakansie hou.

Dit is die “vakature” in Hentiesbaai wat ’n groep mans Woensdag in Die Burger geadverteer het.

“ ’n Geleentheid van ’n dame word benodig vir kosmaak en opruim vir vyf mans tydens ’n visvangvakansie in Hentiesbaai. In ruil sal die gekose kandidaat se volle vakansie, wat sy ook mag geniet, gratis vir haar wees. Wat dan enige verblyf, vervoer en kos insluit,” lui die advertensie.

Daarby is ’n kontaknommer vir ene JP van Zyl. Van Zyl het nie Woensdag sy selfoon beantwoord nie. ’n Vrou het in ’n stadium sy foon geantwoord en gesê baie mans en vroue het reeds gebel oor die werk. Volgens haar het die mans geen bybedoelings nie.

Kyk ’n mens na Van Zyl, van Brackenfell in die Kaap, se Facebook-blad, is dit duidelik die man hou van visvang. Of hy en sy vriende die spreekwoordelike grote gaan intrek met die advertensie, moet nog gesien word.

Belangstellendes het tot Vrydag 15 November tyd om aansoek te doen.

Die betrekking het Woensdag 13 November in Die Burger verskyn.

Meer oor:  Jp Van Zyl  |  Hentiesbaai  |  Brackenfell  |  Kaap  |  Vakansie  |  Werksoek  |  Vakansiewerk  |  Werk  |  Visvang
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.