Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Gundam-robot maak kniebuiging

As jy die massiewe robot in Jokohama, Japan, vir die eerste keer sien, sal mense jou vergewe as jy dink dat een van die karakters uit die reeks Transformers-flieks die wêreld binnegeval het.

Maar lank voor die dae van Optimus Prime en Megatron het die Gundam-robot aanhangers van die TV-reeks Mobile Suit Gundam reeds in die 1970’s vermaak.

Maandag kon ’n Gundam-robot, wat 18 m hoog is en 24 ton weeg, vir die eerste keer gesien word. Én hy kon sy regterarm beweeg en selfs op ’n knie hurk, berig The Guardian.

’n Video van die robot wat oor ’n fabriek uittroon, is meer as 5 miljoen keer op Twitter gekyk.


CNN berig die robot word al die afgelope ses jaar beplan en gebou, en sou in Oktober met die opening van die Gundam-fabriek in Jokohama bekend gestel word.

Die bekendstelling is egter weens die koronaviruspandemie uitgestel en die fabriek sal na verwagting binne die volgende jaar heropen. 




MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.