Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Haarsalon op hol toe slang besoek aflê
Brandweerbeamptes van Mosselbaai verwyder Dinsdag die skaapsteker uit D Salon.

Daar was Dinsdag ’n slang in die gras, of is dit nou tussen die hare, toe ’n ongewone besoeker in ’n gewilde haar- en skoonheidsalon in Mosselbaai opgemerk is.

Dit was skuins voor 08:00 toe ’n personeellid van D Studio in Montagustraat by die trappe afstorm. Al wat sy kon uitkry, was “slang, slang”, vertel die bestuurder, Lynn Honiball. Almal het daar en dan padgegee.

In die hoek het ’n klein slangetjie gelê.

“Ek het eers gedink dit is ’n gewone huisslang, maar sien toe hy het merke op sy rug. Ons was nie seker of dit ’n pofadder is nie en het toe die brandweer gebel.”

Volgens Honiball was die brandweerdiens fantasties.

“Hulle het ’n afdeling wat spesifiek slange identifiseer en verwyder.

“Twee brandweermanne is gestuur om die slang te vang en te identifiseer.

Hy is as ’n skaapsteker geïdentifiseer en in ’n houer geplaas.”

Almal in die salon het weer uiteengespat toe die slangetjie deur een van die openinge in die houer uitval.

Hy is toe in ’n plastiekhouertjie weggeneem en later in die veld vrygelaat.

Honiball sê die slang se besoek is ’n teken dat die natuur besig is om te herstel. “Dit is wonderlik om ook weer dinge soos torre en hommelbye te sien.”

Volgens die African Snakebite Institute (https://www.africansnakebiteinstitute.com/) is die gif van ’n skaapsteker (Psammophylax rhombeatus) nie gevaarlik vir mense nie. Dié slange vreet knaagdiere, akkedisse, voëls en paddas. Hulle kom hoofsaaklik in grasveld, fynbos en semi-woestyngebiede voor.

Die skaapstekertjie van naderby gesien.

Meer oor:  Haarsalon  |  Slang  |  Mosselbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.