Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Hond spring in baas se arms ná soektog van 3 j.

’n Man wat gedink het hy sal nooit weer sy hond sien nie nadat dié getroue maat van hom weggeraak het, was oorstelp van vreugde toe hy hom verlede Sondag terugkry.

Giorgi Bereziani (62) het die strate van Tbilisi, die hoofstad van Georgië, drie jaar lank gefynkam en pamflette opgeplak op soek na Jorge, totdat hy ’n oproep van ’n werker by ’n teater ontvang het.

Giorgi Bereziani en Jorge word herenig.

Die werker het ’n hond gesien wat soos die een op Bereziani se pamflet lyk, berig die Daily Mail.

Hy het hom na die omgewing waar die hond gesien is, gehaas en Jorge gesien waar hy onder ’n boom opgekrul gelê het.

Op ’n video wat Bereziani gemaak het, roep hy die hond se naam. Jorge kyk op en herken dadelik sy baas. Hy storm nader, spring teen Bereziani op, tjank sonder ophou en beruik hom van kop tot toon.

Bereziani roep uit: “Jorge, is dit jy? Jorge, Jorge, dis jy! O, liewe seun, hoe gaan dit, seun?”

By die huis gekom, was Jorge en die res van Bereziani se familielede net so bly om mekaar weer te sien.

Die lieflike tonele in die video wat Bereziani op 7 Oktober gemaak het, laat die harte van kykers op die Daily Mail se webblad warm klop. Een kyker, C Doolen, skryf: “Ek het net soos die hond gehuil. Wow, dankie, laat hulle asseblief vir ewig veilig bly.”

Dit is nie duidelik waar die hond die afgelope drie jaar was nie, maar die geel etiket aan sy oor dui aan dat dierebeheerbeamptes hom in ’n stadium opgelaai, ingeënt en vrygelaat het omdat hy as skadeloos beskou is. Daar is na raming tot 50 000 rondloperhonde in Georgië.

Meer oor:  Giorgi Bereziani  |  Jorge  |  Tbilisi  |  Georgië  |  Soektog  |  Verlore Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.