Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Is dié toppie te ‘kaal’ vir jou?

’n Britse vrou op ’n vlug van Thomas Cook Airlines is aangesê om ’n baadjie aan te trek of van die vlug afgegooi te word omdat haar laehals-toppie “aanstoot” gee.

Emily O’Conner in haar toppie wat haar medereisigers “aanstoot” gegee het. Foto: Twitter

Emily O’Conner is ook deur ’n medereisiger ’n “patetiese vrou” genoem en daar is aan haar gesê “trek ’n f****n baadjie aan”, berig News.com.

O’Conner, wat op die vlug van Birmingham na Tenerife bespreek was, sê sy is in ’n verleentheid gestel toe oor die luidsprekerstelsel in die vliegtuig aangekondig is die vlug sal nie vertrek voordat sy nie haar onvanpaste laehals-top bedek het nie.

“Dit was die seksistieste oomblik in my lewe en die grootste verleentheid waarin ek nog was. Ek kon dit (die toppie) in Birmingham op straat dra en niemand sou iets sê nie,” het O’Conner gesê.

Meer oor:  Thomas Cook Airlines  |  Emily O’Conner  |  Mode
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.