Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Is klein Covid en Corona nie te skatlik nie?

’n Ouerpaar in Indië het nét die regte name vir hul tweeling wat onlangs te midde van die koronavirus-pandemie gebore is.

Covid (’n seun) en Corona (’n dogter) se ouers wil hê hul name moet ’n herinnering wees aan die moeilike tyd waarin hulle gebore is.

DailyNews.com berig die tweeling is op 27 Maart in die vroeë oggendure gebore.

Shubhra Singh, woordvoerder van die Bhimrao Ambedkar-gedenkhospitaal in Raipur, waar hulle gebore is, het aan New Indian Express gesê hulle vaar goed en is albei gesond.

Preeti Verma met haar tweeling, Covid en Corona. Foto: The New Indian Express

Die babas het onderskeidelik 2,9 kg en 2,7 kg by geboorte geweeg en is met ’n keisersnit in die wêreld gebring, sê Singh.

“Die geboorte het gekom nadat ons talle probleme moes trotseer en ek en my man wou die dag onvergeetlik maak. Die virus is inderdaad gevaarlik en lewensbedreigend, maar dit het ook daartoe gelei dat mense meer fokus op sanitasie, higiëne en talle ander goeie gewoontes,” het Preeti Verma (27), die tweeling se ma, aan Metro.co.uk gesê.

Die ouerpaar het dus oor dié name nagedink, en toe die hospitaalpersoneel hulle ook Covid en Corona begin noem, is die besluit geneem om hulle na die pandemie te vernoem.

Maar die egpaar sal hul tweeling heel moontlik later herdoop.

Bet.com berig weens die hoë babasterftesyfer in Indië, is dit nie ongewoon vir ouers om te wag totdat hul babas ses maande oud is voordat hulle hul amptelike name kry nie.

Dan sal die tweeling heel waarskynlik ander name kry, sê Verma.





Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.