Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Italië sal jou betaal om daar te woon, maar...

As jy nog altyd daarvan gedroom het om in Italië te woon – én boonop daarvoor betaal te word – kan jou droom dalk hierdie maand verwesenlik word.

Molise, een van 20 streke in Italië wat in die Campobasso-provinsie geleë is, wil voorkom dat sy kleiner gemeenskappe uitsterf en sal enigiemand betaal wat bereid is om daar te gaan woon, berig The Guardian.

Donato Toma, die president van Molise, het aan The Guardian gesê hulle is bereid om mense €700 per maand vir drie jaar te betaal om soontoe te verhuis.

Die vangplek?

Daar kan nie meer as 2 000 mense in ’n dorp woon nie en nuwe inwoners moet hul eie ondernemings oopmaak.

Antonio Tedeschi, ’n plaaslike raadslid wat met die plan vorendag gekom het, het aan CNN Travel gesê hulle wil nie hê hul dorpe moet in spookdorpe verander nie.

Tedeschi sê nuwe inwoners word aangemoedig om nuwe lewe in die dorp te blaas. Hy meen mense kan ondernemings soos “ ’n hotelletjie, ’n restaurant, ’n plaas op klein skaal of ’n biblioteek” begin.

The Local berig nuwe inwoners sal hul besigheid minstens vyf jaar lank moet bedryf, dus vir twee jaar sonder die toelae. Indien nie, sal hulle moontlik die geld moet terugbetaal.

Mense sal van 16 September af hiervoor aansoek kan doen.

Meer oor:  Italië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.