Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Kelner vermoor toe hy glo met bestelling draai

’n Kliënt wat ’n kelner in Frankryk doodgeskiet het omdat hy glo te lank met ’n bestelling gedraai het, word steeds gesoek.

Die voorval het Vrydagaand in ’n pizza-en-toebroodjiewinkel in die Noisy-le-Grand-gebied, sowat 15 km buite Parys se middestad, gebeur.

Die kliënt het weggehardloop nadat hy die kelner met ’n handwapen geskiet het, berig die BBC.

Die 28-jarige kelner, wat in die skouer getref is, het op die toneel gesterf nadat paramedici nie sy lewe kon red nie.

Volgens ’n ooggetuie het die kliënt sy humeur verloor omdat sy bestelling te lank geneem het.

Die restaurant het glo ’n paar maande gelede oopgemaak, berig BBC.

Die aanklaer se kantoor in die naburige Bobigny het aan CNN bevestig dat die motief vir die moord oënskynlik die kliënt se ongeduld was omdat hy gemeen het dat hy te lank vir sy toebroodjie wag.

Die verdagte was teen Dinsdag nog nie aangekeer nie.

The Guardian berig hoewel misdaad – soos dwelmhandel en die onwettige drink van alkohol in die openbaar – in die omliggende gebied voorkom, sê ’n plaaslike inwoner dat daar nog nooit voorheen probleme by die eetplek was nie.

Meer oor:  Parys  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.