Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Klaradyn die kat bring rooilippie vir ’n kuier

As daar ’n slang in die gras is, moet jy maar weet dat die kat Klaradyn hom as ’n geskenk vir haar ounooi, Carina van Niekerk van Joostenbergvlakte, gaan bring, maak nie saak of dit dag of nag is nie.

Dit is presies wat Dinsdagaand omstreeks 21:00 gebeur het toe Van Niekerk gaan inkruip en ’n onwelkome gas op haar bed in die huis op hul kleinhoewe beland het. Sy wou net aan die slaap raak toe haar drie katte op die bed spring. Klaradyn het na die eerste twee – Checkers en Casey – op die bed geland, en die slang, ’n rooilippie (Crotaphopeltis hotamboeia), mooitjies op die bed neergesit.

Die rooilippie wat Klaradyn gevang het.

“Die slang het oop en bloot op die bed gelê en ek het dit dadelik raakgesien,” sê Van Niekerk.

Volgens haar het die katte trots vir mekaar gekyk. Sy het gesien dat dit ’n roolippie was. Die slang het niks makeer nie.

Van Niekerk het die slang opgetel en in ’n houertjie gesit. “Rooilippies het gif, maar is nie skadelik vir mense of troeteldiere nie,” sê sy.

“Ons het al op die kleinhoewe gekyk watter slange hier is en hoe om hulle te hanteer.”

Klaradyn

Die slang het toe die nag by Van Niekerk in die huis gebly en is die volgende oggend by ’n dammetjie daar naby vrygelaat.

Sy sê van die drie katte is Klaradyn die een wat aanhoudend sulke “geskenkies” vir haar bring. “Sy bring gereeld akkedisse, veldmuise en voëltjies in en meeste van hulle kan ek gewoonlik red. Maar vreemd genoeg, sy los die kuikens en eende en jong ganse uit.”

Van Niekerk het ook op die Facebook-groep Katte en hul dinge oor die voorval geskryf, tot groot vermaak (en hier en daar ontsteltenis oor die ongewone gas) van mense.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Diere  |  Slang  |  Kat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.