Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Benoude oomblik toe haai na man hap

’n Mariene wetenskaplike het groot geskrik toe ’n enorme grootwithaai van onder hom uit die water spring en na sy voete gehap het by die see in Massachusetts aan die ooskus van Amerika.

Gregory Skomal sê hy en ’n span wetenskaplikes gaan gereeld met ’n boot uit om grootwithaaie te merk en dit op videokamera vas te vang.

“Ons het nie die haai gesien nie, want die sigbaarheid in die water was vreeslik swak. Skielik het ’n reusagtige grootwithaai onder my uit die water gespring,” sê Skomal in ’n onderhoud met CNN.

“Dit het my die skrik op die lyf gejaag.”

Hy sê omdat dit slegs ’n “breukdeel van ’n sekonde” geduur het, moes hy vinnig dink en het hy die videokamera in die water gesit om beeldmateriaal van die haai te kry. Hy kon egter nie daarin slaag nie.

Skomal beskryf hierdie ontmoeting met die haai as “opwindend”.

Hy sê dit is ongewoon vir grootwithaaie om uit die water te spring.

“Ons het dit nog net twee keer vantevore gesien en gewoonlik is dit omdat hulle ’n prooi jag. In hierdie geval het die haai net opgespring en ons weet nie wat daartoe gelei het nie,” sê Skomal.

Hy sê dit kan wees dat die boot die haai gestamp het of dat die haai uit die water gespring het om hom as ’n potensiële prooi te jag.

“Ek is net bly ek leef nog.”

Meer oor:  Haai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.