Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Bokke moet Engelse 'vertrap', vra hartseer Kiwi
’n Nieu-Seelandse man rig ’n pleidooi aan die Springbokke dat hulle die Wêreldbeker moet wen en die Engelse in die eindstryd moet vertrap. Foto: Skermgreep

“Julle moet daai Engelse Saterdag uitneem. Vertrap hulle. Vertrap hulle goed. Julle moet dit vir ons doen. Julle moet dit vir die Suidelike Halfrond doen. Ons kan nie dat Engeland vir Australië en dan Nieu-Seeland en dan die Bokke verslaan nie.”

Dít is die pleidooi van ’n man wat hom as ’n Nieu-Seelander identifiseer en dan in ’n video wat op WhatsApp versprei is vra dat Springbokke Engeland Saterdag in die eindstryd van die Wêreldbeker (WB)-rugbytoernooi moet klop.

Die Rose het die Kiwi’s verlede Saterdag in die halfeindstryd uitgeskakel.

Die man sê hy hou baie van Suid-Afrika en het in die vroeë 90’s ’n jaar in die land deurgebring, waar hy baie vloekwoorde geleer en fantastiese vriende gemaak het. Hy groet onder meer met ’n “goeiemôre” en sê dan: “Nieu-Seeland is nie regtig nou ’n lekker plek om in te wees nie. Die hele land rou. Dit is seker baie moeilik vir ons span om dit te aanskou.”

Hy sê hy dink dit gaan ’n baie lang somer vir die Nieu-Seelanders wees, veral omdat hulle vir die volgende vier of vyf maande nie rugby sal kan speel nie.

“Soos prinses Leia (van Star Wars-faam) in daardie hologram-boodskap gesê het: Julle is ons enigste hoop, Suid-Afrika. Ons enigste hoop. Julle moet die vertroue en die rugbylegende herstel. Dankie.”

Meer oor:  Video  |  Whatsapp  |  Engelse  |  Springbokke  |  Wêreldbeker (Wb)-Rugbytoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.