Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Daar’s wéér ’n beer in my hangmat

Dit is nie die eerste keer wat Michelle Baber van Asheville in die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina met ’n beer in haar hangmat te doen kry nie.

Sy het twee beerwelpies in haar hangmat betrap amper ’n jaar nadat ’n beer hom lekker tuis in dieselfde hangmat gemaak het .

Baber het destyds ’n video geneem van ’n groot beer wat haar hangmat ondersoek voordat die beer probeer inklim en salig rondswaai. Dié video is meer as twee miljoen keer op ABC News se Facebookblad gekyk.

Sy het verlede week gesien hoe twee welpies in haar hangmat speel en daarin probeer lê. Weer het sy haar kamera nader getrek om dié twee se spelery vas te vang.

The News & Observer berig dit is nie ongewoon om bere in jou agtertuin in Noord-Carolina te sien nie, maar Baber meen die spelende welpies buite haar huis, is beslis ongewoon.

Lees meer hier.

Baber sê sy het nog nooit só iets aanskou nie, al het sy gereeld “bere in haar agtertuin wat van haar hangmat hou.”

Die twee welpies het telkemale in die hangmat probeer klouter, maar moes met tye tevrede wees met grond koop.

Meer oor:  Noord-Carolina  |  Beer  |  Video
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.