Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Diego, pa van honderde, tree af

Hy is na raming 100 jaar oud en is die pa van 800 kleintjies.

Diego se seksdrang verseker die voortbestaan van die unieke skilpaaie, maar nou is dit tyd vir sy aftrede.

diego
Diego word op die rug van Carlos Gaona gedra na sy natuurlike habitat op die Espanola-eiland, een van die Galapagos-eilande in die Stille Oseaan. Foto: AP

Sy oorspronklike tuiste is die Espanola-eiland, een van die Galapagos-eilande in die Stille Oseaan, sowat 1 000 km van die kuslyn van Ecuador en is een van die wêreld se voorste bestemmings om wild te kyk en ’n wêrelderfenisgebied.

Dit is ook die plek wat Charles Darwin in 1835 besoek het wat as inspirasie vir sy teorie oor evolusie gedien het.

Die groen skilpad wat tot 180 kg kan weeg, was op die rand van uitwissing, totdat navorsers hulle dekades gelede in aanhouding geplaas het om te broei met die doel om eendag weer die eilande te herbevolk.

Daar is reeds meer as 2 000 op Espanola.

Diego was vir jaar die broeikoning op die Santa Crus-eiland naby Kalifornië, berig die BBC.

Hy en 14 ander ou skilpaaie is Maandag per boot na Espanola geneem.

Veldwagters het die skilpaaie op hul rug vasgemaak en met hulle na ’n deel van die eiland gestap waar die skilpaaie die minste uitdagings sal hê nou dat hulle weer in hul natuurlike habitat is. Hul bewegings sal ook gemonitor word.

Paulo Proaño Andrade, Ecuador se minister van omgewingsake, sê op Twitter dit sluit ’n belangrike hoofstuk af in die bestuur van die Galapagos Nasionale Park, berig CNN.

Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (UNEP) het ook die blye nuus op Twitter gedeel.


Meer oor:  Galapagos-Eilande  |  Diego  |  Skilpad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.