Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Help! Daar’s ’n swart luiperd op my vensterbank

“Bid jou aan jy sit rustig in jou huis en ’n swart luiperd loop verby jou venster,” het ’n Fransman getwiet toe dié roofdier doodluiters op sy gebou se vensterbank verbyloop.

Volgens Victor Lefranc het die luiperd Woensdag klaarblyklik uit die niet verskyn en op die gebou se vensterbanke in die Franse dorpie Armentières geloop en minstens ’n uur lank by die vensters ingeloer.

The Independent berig die polisie, brandbestryders, veeartse en dierekenners is omstreeks 18:00 na die toneel ontbied terwyl die “groot kat” doodluiters op en af op die vensterbanke geloop het.

Mense het uitgekom in die straat om die dier dop te hou en een ooggetuie het gesê die luiperd is pragtig om in lewende lywe te aanskou.

Die polisie het die gebied afgesper en die inwoners het so kalm as moontlik ingegaan by hul woonplekke sodat hulle nie die luiperd verskrik nie, berig die BBC.

’n Veearts het gehelp en die luiperd, wat so groot soos ’n ses maande oue Labrador is, verdoof.

Dit blyk dat die luiperd iewers in ’n huis aangehou is en ontsnap het. Die polisie probeer nou die luiperd se eienaar opspoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.