Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Kaal man op N2 laat verkeerspolisie bontstaan

’n Video van ’n man wat sonder ’n draad klere tussen loeiende verkeerspolisievoertuie hardloop, het opslae op sosiale media gemaak.

Verkeersbeamptes het die N2 naby Kinkelbos, net buite Port Elizabeth, gepatrolleer toe hulle die man opmerk.

Met die eerste oogopslag lyk dit asof die man, wat op sy gemak draf, deur verkeerspolisiebeamptes vergesel word, maar dit word gou duidelik dat hulle hom probeer voorkeer.

Terwyl twee beamptes hom omsingel, maak die man ’n systap wat een van die beamptes oor sy eie voete laat val en met die grond kennis maak.

Die man wat die petalje uit sy motor afneem, sê herhaaldelik in Xhosa: “Ek het nog nooit so iets gesien nie,” en “jô, hy is moeilik”.

Op sosiale media het mense gevra of Adam en Eva ’n resies hou, terwyl ander sê dié man is Hugo wat vir Martie weghardloop.

Volgens Unathi Binqose, woordvoerder van die departement van vervoer, is die man aangekeer en na ’n hospitaal in Port Elizabeth geneem.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê verkeerspolisie het die man op 1 Oktober aan die Kinkelbos-polisie oorhandig wat die man op hul beurt aan die polisie in KwaDwesi oorhandig het omdat hy beweer het dat hy van daar kom.

Verkeerspolisiebeamptes probeer die kaal man op die N2 naby Kinkelbos vastrek. Foto: Skermgreep
Die kaal man draf op die N2 terwyl hy deur verkeerspolisievoertuie omring word. Foto: Skermgreep

Meer oor:  Naeler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.