Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Karaokes nou in stort gehou weens virus

’n Karaoke-kroeg in Hamilton in die Kanadese provinsie Ontario laat hul klante toe om gedurende die Covid-19-pandemie in die stort te sing en het spe­siaal ’n storthokkie gebou om mense op die verhoog veilig te hou.

Tracie’s Place Karaoke Bar and Restaurant in Hamilton, 70 km suid van Toronto, het in Maart weens die pandemie gesluit. Die kroeg is drie maande gelede heropen en word streng volgens die regulasies bedryf.

In Ontario is die meeste ondernemings in Maart opdrag gegee om te sluit en karaokekroeë is van die laastes wat toegelaat is om te heropen weens die moontlikheid dat die virus in lugdruppeltjies kan versprei wanneer mense sing.

Tracie England, kroeg-eienaar, se oplossing was toe om die storthokkie op die verhoog te bou, kompleet met plastiek-stortgordyne. “Om dit in die stort te doen is ’n wonderlike manier om ontsmet te bly en alles skoon te hou,” het sy gesê.

Tracie England, eienaar van die kroeg, sing in ’n storthokkie wat in Tracie’s Place Restaurant and Karaoke opgerig is om te keer dat die koronavirus versprei wanneer klante karaoke sing. Foto: Reuters

Sy moet mense gewoonlik aanjaag omdat daar so ’n groot vraag daarna is om agter die mikrofoon te wees. Nou speel sy ’n liedjie tussen elke item, wat haar kans gee om die storthokkie skoon te maak. Stortgordyne skei ook die tafels van mekaar. “Alles werk sover wonderlik,” sê England.

Dit lyk ook of die klante die verandering goed aanvaar het. Die kroeg was onlangs op ’n Vrydagaand volgepak.

“Dit is ’n prettige eienaardigheid wat tot die plek bydra,” sê Michaela Hallok (21), ’n klant. “England gee so baie om vir die mense wat hierheen kom dat sy hulle nie in gevaar stel nie.”

Ontario het onlangs stygings in Covid-19-infeksies ervaar en 566 gevalle is volgens die provinsiale owerhede Sondag aangeteken. – Reuters

Meer oor:  Kanada  |  Koronavirus  |  Karaoke-Kroeg  |  Stort  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.