Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Luiperd les dors met skottelgoedwater

“Jis, dit was nou ’n mooi gesig.” So meen Gawie Janse van Rensburg oor die video van ’n luiperd wat by hul kamp se wasbak kom water drink het.

Sy vrou, Pietie, het die video verlede Donderdag om 03:45 geneem en ’n vriend het dit Maandag op Facebook gedeel.

’n Skermgreep van die luiperd wat skottelgoedwater drink in ’n kampterrein in Botswana. Foto: Skermgreep
’n Skermgreep van die luiperd wat gulsig sy dors met skottelgoedwater les. Foto: Skermgreep

Die video wys ’n jong luiperd wat uit die egpaar se wasbak in hul kampterrein in Deception Valley, Botswana, water drink.

“Dit was uitspoelwater en my vrou se pienk bottel het nog in die wasbak gelê. Ons het die vorige aand laat potjie gemaak en dit was die een keer wat ons vergeet het om die water uit te gooi,” sê hy.

Volgens Janse van Rensburg het hy wakker geword van die geluid wat die roofdier gemaak het terwyl hy drink. Hy het vir sy vrou gesê om ’n video te neem terwyl hy ’n lig op die dier geskyn het – “want dis ’n sighting wat ’n ou moet afneem”.

“Ons bly 200 kilo’s van die wildtuin af en doen gereeld staproetes daar. Ons is gewoond aan die natuur en is geleer om nie met ’n skietlamp in ’n nagdier se oë te lig nie.”

Hy beweer dit was ’n jong mannetjie, “wat hom glad nie aan ons gesteur het nie”.

Janse van Rensburg sê hy vermoed die ma was ook in die omtrek, “want die oggend toe ek opstaan toe dit reeds lig was, hoor ek hoe grom sy asof sy die jonge roep”.

Sedert die video opgelaai is, het 69 000 mense reeds daarna gekyk.

Meer oor:  Botswana  |  Luiperd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.