Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Nee, kameraad! Jou ander links!

’n Video waarin die Suid-Afrikaanse polisie nie hul links van hul ander links ken nie, maak sedert Dinsdagoggend opslae op verskeie sosialemediaplatforms.

In dié video wat op die sakeman dr. Richard Maponya se begrafnis geneem is, kan daar gesien word hoe vier polisielede sukkel om hul dril uit te voer, terwyl die begrafnis regstreeks uitgesaai word.


“Dit is regtig ongelukkig dat dit gebeur het. Die span het die dril geoefen. Dit was bloot ’n fout en dit is regtig betreurenswaardig,” het brig. Vishnu Naidoo Woensdagoggend aan Netwerk24 gesê.

Dié “ongeluk” is regstreeks tydens die staatsbegrafnis van Maponya op televisie gebeeldsend, waarna ’n video van die voorval amper onmiddellik versprei is.

“As die toplede van die Suid-Afrikaanse polisiediens nie eens ’n eenvoudige bevel kan uitvoer nie, hoe is ons veilig terwyl hulle ons moet beskerm?” het Lungelo Nyamakazi op Twitter gevra, terwyl Vusumzi Ivan Vass sê die polisie was “deurmekaar” en het nie “eens geweet watter rigting om in te slaan nie.”



Twitter-gebruiker @metalbasher777 het die polisie “onbevoegde idiote” genoem en sê hulle het nie respek aan Maponya of die Suid-Afrikaanse nasie getoon nie.


Sydney Magaga skryf op Twitter dat die polisie Maponya se begrafnis in ’n grap laat ontaard het en dat die polisielede hulle moet skaam.


Suid-Afrikaanse Reddit-gebruikers het ook die spot met die polisie gedryf.

Rusty__Nail sê op Reddit die polisie het seker die kortste pad na die kos en drank probeer inslaan.

“Ek blameer al die medaljes wat hulle vir deelname kry wat op hul bors pronk. Jy hoef nie die beste te wees nie. Jy moet net opdaag,” skryf krazeekcee.

Pres. Cyril Ramaphosa was ook by die begrafnis waar hy Maponya as die “mees toegewyde patriot asook ’n soldaat aan die voorpunt van die stryd vir die ekonomiese bevryding van swart Suid-Afrikaners” beskryf het.

Die diens is ook bygewoon deur ander hooggeplaastes soos oudpres. Thabo Mbeki, oudpres. Kgalema Motlanthe, Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, Amos Masondo, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Mangosuthu Buthelezi, LP en voormalige IVP-leier, ministers, adjunkministers, LP’s en sakeleiers.

Meer oor:  Richard Maponya  |  Staatsbegrafnis  |  Polisielede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.