SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
O wêreld
KYK: SA motoriste ‘raak flou’ agter stuurwiel

Motoriste is besig om sporadies “flou te raak” agter die stuurwiel.

Maar dis geen raaisel waarom dié verskynsel op Suid-Afrikaanse paaie kop uitsteek nie.

Die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het sy kommer uitgespreek oor video’s op sosiale media waarin bestuurders op die maat van ’n nuwe treffer-liedjie selfs hul stuurwiele los en maak of hulle flou word.

Die liedjie, “Malwedhe” deur King Monada, gaan oor ’n siekte wat veroorsaak dat iemand wat daaraan ly op die grond neerval wanneer hulle uitvind dat hul kêrel of meisie hulle verneuk.

Gevolglik het sosialemediagebruikers video’s van hulself begin plaas waar hulle neerval tydens die sogenaamde Idibala-uitdaging.

Donderdagmiddag is leerlinge van Pretoria geskors nadat hulle van hul stoele in ’n klaskamer afgeval het toe hulle die liedjie gesing het.

Video’s wat op sosiale media versprei word, toon hoe talle mense op soortgelyke wyse in bewegende motors – selfs al is hulle agter die stuur – maak of hul flou word. Hulle lê dan vir ’n paar sekondes “bewusteloos” voordat hulle weer bykom.

Soos ’n mens kan verwag, kan dit tot ernstige ongelukke aanleiding gee, het die RTMC gemaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.