Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Seekat laat swemmer les opsê

Dis nie aldag wat iemand kan sê hulle was in ’n vuisgeveg met ’n seekat betrokke nie, maar ’n geoloog van Australië kan daarvan getuig dat ’n mens sleg tweede kom.

Lance Karlson, ’n geoloog en skrywer, het gedurende ’n rustige stappie saam met sy dogter op die Geographe Bay-strand langs die Australiese suidweskus ’n seekat in die vlak water gewaar.

Volgens IOL het Karlson aanvanklik gedink dit is ’n sandhaai wat ’n seemeeu probeer vang.

Karlson het aan Reuters gesê toe die seekat skielik in die rigting van hom en sy tweejarige dogter klap, was vir hulle ’n groot skok.

Nadat Karlson ’n sonskermtentjie op die strand vir sy gesin opgeslaan het, het hy sy duikbril opgesit en in die water gaan swem om krappe en skulpies te soek.

“Terwyl ek geswem het, voel ek nog ’n klap teen my arm, gevolg deur ’n brandende hou teen my nek en rug,” sê hy.

“My duikbril het ewe skielik vogtig geword en die water om my was donker. Ek was regtig geskok en deurmekaar.”

Toe hy daarna uit die water kom, het hy die seekat se tentakelspore langs sy nek en rug sien afloop.

Karlson sê dié seekat is vir seker die aggressiefste dier in dié baai se waters. - Bykomende bronne: TimesLive, The Sun, Instagram. 

Kyk hier na Karlson se video op Instagram. 




Meer oor:  Australië  |  Vuisgeveg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.