Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Skoolhoof is voordanser in pousetyd

Die hoof van ’n Chinese laerskool en die leerlinge wat pouses gebruik om te dans, het oornag ’n sensasie op sosiale media geword.

Maar om hierdie energieke dans te leer het nie oornag gebeur nie.

Volgens die South China Morning Post het die hoof, Zhang Pengfei (40), ’n maand lank geoefen om die dans onder te knie te kry en het dit toe aan die leerlinge van die laerskool Xi Guan in die Shanxi-provinsie geleer.

Die Daily Mail berig die sowat 700 leerlinge sit nie ’n voet verkeerd nie en met die hoof as voordanser is almal 100% in pas.

Pengfei het met die slim dansplan vorendag gekom omdat hy wil hê leerlinge moet wegkom van hul selfone en meer oefening inkry – en dit geniet. Wat duidelik die geval is.

Meer oor:  Skoolhoof  |  China  |  Dans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.