Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Spoegkobra maak hom tuis in reservaat se toilet
Die kobra was aanvanklik by die bak van die toilet voordat hy onder die toilet se sitplek ingeseil het. Foto: Verskaf

Toe die Pienaar-egpaar op ’n wildrit die badkamer gaan besoek, was ’n giftige kobra die laaste ding wat hulle verwag het om te sien.

Tog, sê Frik Pienaar, was hy nie bang toe hy die Mosambiekse spoegkobra sien seil nie.

Pienaar en sy vrou, Anrie, het op 15 Oktober die Lionspruit-wildreservaat in Marloth Park, Mpumalanga, besoek en het kort voor 16:00 stilgehou om die badkamer te besoek.

“Toe ek die deur oopmaak, het die slang op die vloer gelê. Hy het by die toilet opgeseil en hom uiteindelik onder die toiletsitplek gaan tuismaak.”

Pienaar, wat al ses jaar in Marloth Park woon, sê hy was nie bang nie, maar wel bekommerd.

Die slang was onder die toiletsitplek toe die slangvanger Juan de Beer hom kom vang. Foto: Verskaf

“Die badkamer is by ’n gewilde rusplek in die reservaat en mense braai gereeld daar. Dit kan baie gevaarlik wees.”

Pienaar het Juan de Beer, ’n plaaslike slangkenner en -vanger, ontbied.

De Beer sê dié soort kobra is baie giftig. “Hul gif is sitotoksies en tas jou selle aan. Dit kan selfs tot die dood lei.”

Hy sê die slang was gelukkig nie aggressief toe hy hom vang nie. “Ek het hom ’n ent weg in die reservaat losgelaat,” sê De Beer.

Hy sê so ’n verskynsel is baie skaars en dit is die tweede keer in ’n loopbaan van 14 jaar dat hy ’n slang in ’n toilet sien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.