Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Straatrot leef soos 'n koning in Bloubergstrand

Margarethe DeCafneyer, 'n diereliefhebber van Bloubergstrand in Kaapstad, het twee jaar gelede ’n piepklein diertjie van die sypaadjie af gered, sonder dat sy geweet het wat dit is.

Vandag is dit 'n spekvet rot, gedoop Ravioli, waarvoor daar selfs al op die internet 'n lewensmaat gevind is.

DeCafneyer sê Ravioli was ongeveer twee dae oud toe sy op hom afgekom het. 

Sy het hom na ’n veearts geneem, omdat sy nie kon vasstel watter soort dier dit is nie.

DeCafneyer, wat ook na voëls en ’n vlermuis genaamd Bagel omsien, noem hom ’n "soet, dapper diertjie”.

Kort voor lank moes hy 'n maat kry.

"Rotte vaar beter in pare," verduidelik DeCafneyer.

Sy het op Facebook geadverteer vir 'n maat, en nie minder nie as vyf kandidate het na vore gekom.

Panda, met haar uitgaande persoonlikheid, was die perfekte maat vir die introvert Ravioli.

Meer oor:  Kaapstad  |  Rot  |  Troeteldier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.