Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
KYK: Vreemde seewese verstom

’n Vreemde seewese wat op ’n strand in Suid-Viëtnam uitgespoel het, het plaaslike inwoners stomgeslaan met sy ongewone voorkoms.

Doe Nam Doe, ’n toergids in die Kien Giang-provinsie, het verlede maand ’n video geneem van die eienaardige bruin-swart seebewoner wat sy honderde tentakels beweeg.

Hy het dit op ’n groen lap gesit om dit van nader te bekyk.

Ander strandgangers was net so gefassineer deur die vreemde, “uitheemse” seewese met sy wriemelende bewegings.

“Ek weet nie of dit ’n dier, plankton of iets anders is nie,” sê Doe Nam Doe.

Kim Tho, ’n plaaslike inwoner, sê dis ’n monster.

“Eendag sal dit weer uit die see terugkeer en dit sal tien keer groter wees.”

Die raaiselagtige wese is later in die see vrygelaat.

Kenners glo die skepsel is waarskynlik ’n seewier wat op lug reageer, berig MailOnline.

Daar is tientalle kleiner tentakels op elke tak en almal beweeg in verskillende rigtings.


Meer oor:  Vietnam  |  Seewese
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.