Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Lotery-wenner bedank ná hy miljarde wen
Shane Missler saam met sy suster Brianna. Foto: Facebook

Hy gaan sy passie uitleef, sy gesin help en “net so ’n bietjie pret hê”.

’n Amerikaner het die naweek ’n bedrag gelykstaande aan R5,5 miljard in die lotery gewen. 

Shane Missler, van Florida, is net 20 jaar oud.

Hy het ook dadelik sy werk bedank by ’n maatskappy wat agtergrondondersoeke na werksoekers doen.

Missler, wat die prys al ’n week gelede gewen het, het Vrydag by die Amerikaanse lotery se kantoor met die wenkaartjie opgedaag. Sy pa en prokureur het hom vergesel.

Hy het besluit om nie die volle bedrag nou te neem nie aangesien dit oor ’n langer tydperk aan hom beskikbaar gemaak sou word. Missler het toe ’n onmiddellike bedrag van $282 miljoen – sowat R3,5 miljard – gevat.

“Ek gaan na my gesin omsien, so ’n bietjie pret hê en die pad na welvaart bou sodat ek ’n nalatenskap tot ver in die toekoms kan bou,” het hy aan die Tampa Bay Times gesê.

Hy het aanvanklik ’n krapkaart gekoop en ’n paar dollar gewen waarmee hy ’n kaartjie vir die Mega Millions-lotery gekoop het. Dis toe dat die balletjies in sy guns val – 28, 30, 39, 59, 70 en 10.

Dié jongste uitbetaling is die vierde grootste boerpot in die Amerikaanse geskiedenis, berig die BBC.

Shane Missler Foto: Facebook


Meer oor:  Wenner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.