Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Man afgedank oor hy urineer in werk se ketel

Staatsamptenare in Adelaide, Australië moes berading ontvang en meen hulle ly aan posttraumatiese stres nadat ’n kollega in die kantoor se ketel geürineer het, berig InDaily, ’n publikasie in Adelaide.

Die man, wie se identiteit nie bekend gemaak is nie, is afgedank ná ’n maandelange ondersoek, berig The Canberra Times.

Twee amptenare van die deelstaat Suid-Australië se departement van menslike dienste het in Maart 2018 omstreeks 10:00 na die kombuis gegaan en gevoel dat die water in die ketel louwarm is. Hulle het die ketel oopgemaak om nog water in te gooi.

’n Sterk reuk het uit die ketel gekom en hulle het besef dit is urine.

Die water is vir toetse gestuur sodat daar kan bepaal word of dit werklik urine is, waarna die resultate positief teruggekom het.

Toetse het ook bevestig daar was net urine in die ketel en nié bloed soos wat sommige van die amptenare gevrees het nie, berig The Barossa Herald.

Die departement het Woensdag bevestig die ondersoek na die voorval is afgehandel en die werker is in die pad gesteek.

Meer oor:  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.