Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Man loop 4 jaar met haartangetjie in sy penis

’n 22-jarige man het mediese hoofopskrifte gehaal nadat ’n 8 cm lange haartangetjie uit sy uretra gehaal is – vier jaar nadat dit daar beland het.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het by ’n kliniek in Saoedi-Arabië aangemeld “met ’n geskiedenis dat hy vier jaar gelede ’n metaalvoorwerp in sy uretra geplaas het”. Hy het geen pyn verduur voordat hy na die kliniek is nie.

Maar dit het mediese personeel voor ’n dilemma geplaas: Hoe verwyder ’n mens die haartangetjie sonder om die uretra te beskadig? Die skerp, oop punte van die tangetjie kon maklik skade aanrig terwyl dit uitgetrek word.

Die haartangetjie was minstens 7 cm in die uretra op van die einde van die penis af. Dokters kon geen verduideliking vind vir hoe dit daar beland het nie.

Gelukkig kon die dokters ’n plan maak. Hulle het druk op die penis geplaas sodat die tangetjie se punte toegedruk gebly het, luidens ’n berig in die vakpublikasie Urology Case Reports.

Plaaslike verdowing is toegedien.

Die pasiënt het goed herstel en daar was geen rede om ’n kateter in te sit ná die prosedure nie.

Die dokters het ’n sielkundige evaluasie aanbeveel, maar die pasiënt het geweier. Hy het ook nie vir opvolgondersoeke opgedaag nie.

Mediese kundiges sê seksuele nuuskierigheid, eksperimentasie tydens masturbasie of fetisjisme kan redes wees waarom vreemde voorwerpe in die uretra beland. Mans meld dit dikwels vir ’n tydperk nie aan nie omdat hulle skaam is, of moontlik verskaf die voorwerp plesier.

Urology Case Reports berig dis nie die eerste keer dat ’n vreemde voorwerp in die uretra gevind word nie, maar ’n haartangetjie is nie ’n algemene gesig nie. Ander vreemde goed wat al gevind is, sluit in vishoeke, haarnaalde, skroewe, houtstokkies en selfs penne. Dit is egter net die tweede bekende geval van ’n haartangetjie.

Die slotsom?

Health 24 het met prof. Kurt Miller, ’n uroloog van die Berlynse Charite-universiteitshospitaal gepraat. Hy sê medici moedig dit nie aan dat vreemde objekte in die uretra gedruk word nie. Dit kan ernstige beserings veroorsaak.

Dokters sal verkies dat mense sielkundige hulp kry sodat hulle dit nie weer doen nie.

Meer oor:  Penis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.