Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Man oorleef ná ysterstaaf sy skedel deurboor

’n Man wat geval het terwyl hy aan ’n put op sy erf gewerk het, het wonderbaarlik oorleef nadat ’n ysterstaaf sy skedel en brein deurboor het.

X-strale van voor geneem.Foto: Neuron-, brein-, rugmurg- en noodsorgsentrum

Sanjay Bahe (21) van Balaghat in Sentraal-Indië het op ’n platform bo die byna voltooide put gewerk toe hy geval en tussen geroeste pale onder die platform beland het. Stukke yster het deur sy kop en hand gesteek, berig rt.com.

’n Ysterstaaf het sy kop by sy regterslaap binnegedring en links voor uitgekom.

Pramod Giri, ’n neurochirurg van die neuron-, brein-, rugmurg-en-noodsorgsentrum in Nagpur in die provinsie Maharashtra, het gesê Bahe was in skok toe hy by hulle aangekom het, berig CNN.

Ses dokters het 90 minute lank geopereer om die ysterstaaf uit sy brein te haal. Geen verdere skade is in die operasie aangerig nie.

“Gelukkig het die staaf nie enige belangrike bloedvate in die brein beseer nie,” sê Giri.

Bahe is nog in die hospitaal vir waarneming om hom vir infeksie weens die geroeste ysterstaaf te monitor.

Sy plaaslike gemeenskap het geld vir sy mediese koste ingesamel, wat tot dusver sowat R18 000 beloop.

Die ysterstaaf nadat dit verwyder is. Foto: Neuron-, brein-, rugmurg- en noodsorgsentrum
Sanjay Bahe na die operasie. Foto: Neuron-, brein-, rugmurg- en noodsorgsentrum

Meer oor:  Indië  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.