Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Man vra jawoord onder water, verdrink
Steven Weber jr. het sy meisie, Kenesha Antoine, onderwater gevra om te trou en oomblikke later het hy verdrink. Foto: Facebook/Kenesha Antoine

Dit was veronderstel om die gelukkigste dag van haar lewe te wees, maar voordat sy die ja-woord kon gee, het die man in haar lewe verdrink.

Kenesha Antoine en haar kêrel, Steven Weber jr., het in Tanzanië vakansie gehou toe hy haar onder die water vra om te trou.

Die twee het gebly in ’n houthut waarvan ’n gedeelte onder die water is en hulle ’n uitsig op die see gegee het.

In ’n video wat Antoine Vrydag op Facebook gedeel het, kan gesien word hoe Weber ’n papier in ’n plastiekomhulsel uithaal en teen die venster hou. Op die brief vra hy haar om met hom te trou en daarna haal hy ’n ring uit sy sak uit. Intussen kan ’n mens hoor hoe opgewonde Antoine giggel.

Maar toe verdrink hy.

“Daar is nie genoeg woorde om die mooi siel, wie se naam Steven Weber jr. is, te beskryf nie. Jy was ’n lig vir elkeen met wie jy paaie gekruis het,” het Antoine op Facebook gesê.

“Jy het nooit weer jou kop bo die water uitgesteek nie, dus kon jy nooit my antwoord hoor nie - ‘Ja! Ja! ’n Miljoen keer ja, ek sal met jou trou!!

“Ons het nooit die geleentheid gehad om die begin van ons nuwe lewe saam te vier nie, omdat die beste dag ’n tragiese nadraai gehad het. Die wreedste oomblik denkbaar.”

In die brief sê Weber hy kan nie lank genoeg sy asem ophou om vir haar te sê hoe lief hy vir haar is nie. Aan die anderkant van die papier, vra Weber haar om te trou. - Bronne: SkyNews, The Sun, The Mirror en Facebook, verwerk. 

Meer oor:  Tanzanië  |  Verdrinking  |  Toeriste  |  Huweliksaanbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.