Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Megxit gebeur toe... in Madame Tussauds

Die Buckingham-paleis het wel probeer om prins Harry en sy vrou, Meghan, se skeidingsooreenkoms met die familie te keer, maar die Madame Tussauds-museum het dié twee se wasbeelde reeds uit die koninklike-afdeling verwyder.

Die museum het Harry en Meghan geskuif nadat die paartjie Woensdag aangekondig het dat hulle as senior lede van die koninklike gesin wil wegstap en hul eie potjie wil krap.

Die twee het in ’n verklaring op Instagram gesê hulle wil finansieel onafhanklik word, maar dat hulle steeds die koningin sal ondersteun en hul pligte sal nakom.

Die paleis het ure ná die aankondiging hul eie verklaring gedeel, waarin hulle sê dat besprekings met Harry en Meghan net in die beginstadium is en dat die saak “gekompliseerd” is.

Madame Tussauds meen egter die paartjie se wense moet gerespekteer word en hulle het Meghan en Harry weggeskuif van koningin Elizabeth, prins Charles, prins William en Catherine, hertogin van Cambridge.

Madame Tussauds sê Harry en Meghan sal nou in hul eie afdeling staan.

“Ons reageer saam met die res van die wêreld op die verrassende nuus dat die hertog en hertogin van Sussex as senior lede sal terugstaan,” sê Steve Davies, bestuurder.

Hy sê Harry en Meghan is twee van hul belangrikste figure en hulle sal ’n belangrike deel van Madame Tussauds in Londen bly.

NBC News in Amerika sê Harry en Meghan se standbeelde in Madame Tussauds New York, Amerika, sal ook van die familie af weggeskuif word. – Reuters



Meer oor:  Megxit  |  Prins Harry  |  Meghan Markle  |  Meghan En Harry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.