Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
O aarde! Man bring skaap saam strand toe

Dit is glad nie ongewoon om jou troeteldier saam te neem strand toe nie. Trouens, honde is van die beste geselskap vir ’n uitstappie langs die see.

Maar een man het ’n ongewone troeteldier wat ook uitstappies na die strand geniet.

“Ek het nou al baie goed op Onrus se strand gesien, maar dié een is die kersie op die koek,” het een strandganger op Facebook gesê en ’n foto geplaas van ’n man in ’n groen hemp wat doodluiters op ’n stukkie gras by dié gewilde strand sit met ’n skaap in sy arms.

Die skaap lyk in sy element en lê selfs asof hy ’n hond is.

Die man, wie se naam nie bekend is nie, gaan stap met sy troetelskaap. Foto: Facebook/Elmarie Palm van Niekerk

Nog ’n vrou het die man langs die straat raakgesien en móés dit op Facebook plaas.

“ ’n Man gaan stap met sy skaap!” skryf sy by die foto. In dié foto lei die man sy troetelskaap aan ’n leiband rond.

Die plasing het baie reaksie uitgelok en mense het gesê hulle wonder waar die skaap vandaan kom.

“Ek het met hierdie man gepraat,” sê een persoon.

“Hy het gesê hy het die skaap al sedert hy twee dae oud is. Hy het my belowe dat hy hom nooit sal eet nie. Die skaap is soos sy kind.”

Die vriende sit langs die see by Onrusrivier. Foto: Facebook/Francois Eloff

Iemand anders skryf dat die skaap nou vyf maande oud is en dat die man “baie lief is vir sy skapie”.

“Toe ek hulle raakgeloop het, het hulle teruggekom van die strand af. Hulle bly in Fisherhaven.”

Talle mense het grappe gemaak oor die skaap wat op stranduitstappies gaan en een persoon sê: “Versigtig. Hy kan uiteindelik by ’n braai op Clifton-strand beland.”

Nog iemand sê sy het die skaap voor in die man se voertuig sien sit terwyl hy brandstof ingooi.

“Hy tree net soos ’n hondjie op!”

Meer oor:  Omrus  |  Skaap  |  Strand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.