Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Ooginfeksie toe bye haar trane drink

’n Vrou wat gedink het sy het ’n ooginfeksie het dokters hul koppe laat krap toe sy by ’n hospitaal aangekom het.

Dokters by die Fooyin University Hospital in Taiwan wat haar ondersoek het, het afgekom op bye wat onder haar ooglede vassit. Die bye het glo aan haar trane gedrink.

So het ’n nuusdiens in Taiwan berig oor die bye wat onder ’n vrou se ooglede vasgesit het.

Die vrou, met die naam He (29), het een van haar afgestorwe familielede se grafte skoongemaak toe sy iets voel soos sand wat in haar oë gewaai word, het Fox10 berig.

Haar linker-ooglid het toe begin swel.

Nadat die bye ná ’n prosedure van vier uur verwyder is, het dokters bevestig He het ’n bakteriële infeksie opgedoen en haar kornea is ontsteek en dat dit tot blindheid kon lei, volgens die Daily Mail.

“Ek het iets gesien wat soos insekbene gelyk het, so toe trek ek hulle een vir een uit onder die mikroskoop. Hulle het so onder die traanklier gewriemel,” het dr. Hoeng Tsji-ting aan The Guardian gesê.

Die bye was nog lewend omdat He nie haar oë gevryf het nie.

Hoeng het gesê dit is sogenaamde sweetbye wat hou van menslike sweet – hulle gebruik mense “soos ’n soutlek”.

Die bye, van die familie Halictidae, maak nes rondom grafte en bergagtige dele.



Meer oor:  Taiwan  |  Gesondheid  |  Bye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.