Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Ouma moet foto’s van kleinkinders van Facebook afhaal – hof

’n Nederlandse ouma moet binne tien dae foto’s wat sy van haar kleinkinders op Facebook en Pinterest geplaas het, verwyder, het die hof hier beslis.

Die BBC berig die saak het in die hof beland nadat die vrou en haar dogter rusie gehad het omdat die vrou geweier het om die foto’s van sosiale media te verwyder. Die ma van die kinders het verskeie kere gevra dat die foto’s verwyder word.

Die vrou moet nou haar dogter €50 – tot ’n maksimum van €1 000 – betaal vir elke dag wat die foto’s steeds aanlyn is.

In die uitspraak-opsomming van die distrikshof van die provinsie Gelderland, word gesê dat die ouma reeds vir langer as ’n jaar van die ma van die kinders vervreemd is as gevolg van ’n familievete, berig Evening Standard.

Een van die kinders woon al etlike jare by hul ouma nadat die ouers geskei is. Die ma het toe foto’s van haar kinders op sosiale media gesien en die ouma gevra om dit te verwyder omdat sy nie wil hê daar moet foto’s van haar minderjarige kinders op sosiale media wees nie.

Die uitspraak lui terwyl die ouma “erken dat sy in die verlede foto’s van haar kleinkinders op haar Facebook-blad geplaas het”, het sy sedertdien alles behalwe een foto verwyder van die kleinkind wat by haar woon.

Die ma beweer egter die ouma het onregmatig opgetree ingevolge die reëls van die Europese Unie (EU) se algemene databeskermingsverordening (GDPR) deur foto’s sonder haar toestemming te plaas.

Die regter het beslis dat die saak wel binne die jurisdiksie van die EU se GDPR val, berig The New York Post.

Die GDPR is wel gewoonlik nie van toepassing op die “suiwer persoonlike” of “huishoudelike” gebruik van data nie. Hierdie vrywaring was egter nie van toepassing op die ouma nie omdat die plasing van die foto’s op sosiale media dit aan ’n wyer gehoor beskikbaar gestel het, lui die uitspraak.

Neil Brown, ’n prokureur van Decoded Legal wat in tegnologie spesialiseer, het aan die BBC gesê die uitspraak sal baie mense verras, waarskynlik veral dié wat nie mooi dink voordat hulle foto’s twiet of op Facebook plaas nie.

“Ongeag die regsposisie, sou dit redelik wees dat iemand wat sulke foto’s geplaas het, dink: ‘Wel, hy/sy wil nie meer hê dit moet daar wees nie’? Eintlik is die redelike ding – die menslike ding – om te doen om dit te verwyder.”


Meer oor:  Nederland  |  Facebook  |  Foto's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.