Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Papegaaie geskei nadat hulle sê besoekers moet f****f

Vyf African Grey-papegaaie by die Lincolnshire-natuurlewepark in die Verenigde Koninkryk moes van mekaar geskei word nadat hulle mekaar begin aanmoedig het om op besoekers te vloek.

Die skuldige oortreders – Billy, Elsie, Eric, Jade en Tyson – het in Augustus vanjaar by die park se African Grey-kolonie aangesluit, berig The Guardian.

Die werkers het egter dadelik opgemerk dat hulle glad nie skaam is om te praat nie.

“Ons is nogal gewoond aan papegaaie wat vloek, maar ons het nog nooit vyf gelyktydig gehad nie.

“Die meeste papegaaie klap toe as hulle buite is, maar om een of ander rede geniet hierdie vyf dit,” het Steve Nichols, uitvoerende hoof van Lincolnshire-natuurlewepark, gesê.

Nichols het bygevoeg dat die papegaaie ook op mekaar begin vloek het, berig CNN.

“F****f is die algemeenste een. Dit is maklik vir hulle om dit te leer,” het hy gesê.

Hoewel niemand ooit oor die voëls gekla het nie, het amptenare besluit om die skuldiges na verskillende dele van die park te skuif deels om te keer dat kinders hul gevloek hoor, berig Daily Mail.

Nichols hoop die papegaaie leer natuurlike uitroepe aan van die ander papegaai in die park, maar is nie ontsteld oor die kleurryke taalgebruik nie.

“As ’n papegaai vir jou sê om te f****f, vind mense dit snaaks. Dit het ook ’n groot glimlag op mense se gesigte gebring tydens ’n baie moeilike jaar.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.