Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Paramedici kom tot kat se redding
Leon Fourie van Life Response 24/7 het die katjie gered.

’n Benoude katjie wat Dinsdag in Durban onbedoeld ’n saamrygeleentheid gekry het, het paramedici se hulp nodig gehad om een van sy nege lewens te red.

Life Response 24/7 sê hulle is omstreeks 12:00 na ’n Caltex-vulstasie in Playfairweg uitgeroep om ’n klein katjie te gaan help.

“Die bestuurder van die motor het die kat onder sy enjinkap hoor huil en by die vulstasie gestop om hulp te vra.”

Die petroljoggies kon egter nie die katjie uit die enjinkap red nie omdat die kat gesis en hulle gekrap het as hulle hom probeer help het. Toe word die paramedici ontbied.

“Die katjie was regtig baie bang. Leon Fourie, een van ons reddingswerkers, het nader gestaan om te help.”

Life Response sê Fourie kon daarin slaag om onder die voertuig te kom en het die benoude katjie só gered.

Die kat is vir die wis en die onwis na ’n veearts geneem.

Meer oor:  Life Response 24/7  |  Katjie  |  Reddingswerkers  |  Gered  |  Paramedici
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.