Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Politikus skoert ná hy aanlyn soentjies steel

’n Argentynse politikus het bedank nadat hy tydens ’n aanlyn parlementêre debat op Zoom betrap is waar hy sy meisie se naakte bors soen.

Sy medeparlementslede moes tydens ’n debat oor pensioenfondsbeleggings toekyk hoe Juan Emilio Ameri (47) sy meisie op sy skoot trek, haar hemp aftrek en ’n soen op haar regterbors plant, berig The Guardian.

Die debat is regstreeks op die laerhuis se YouTube-kanaal uitgesaai en op ’n grootskerm in die kongres.

Sergio Massa, die laerhuis se president, het die sitting onmiddellik onderbreek, en Ameri is 180 dae geskors.

In ’n onderhoud met die televisiekanaal Todo Noticias het ’n hartseer Ameri bevestig dat hy ná die voorval bedank het.

“Dit is ernstig en ek neem volle verantwoordelikheid daarvoor. Ek kry baie skaam,” het hy gesê.

Ameri sê hy het gedink sy kamera was af toe die voorval gebeur het, maar het erken dat hy nie sy hande van sy nuwe meisie kon afhou nie, berig die Daily Mail.

Sy het meer as ’n week gelede inplantings gekry.

“Hier in die middel van die land is die verbinding baie swak. My meisie het uit die badkamer gekom en ek het haar gevra hoe dit met haar inplantings gaan, en ek het hulle gesoen, want sy is tien dae gelede geopereer. Ek het nie besef ek is weer aanlyn nie.”

Ameri het bygevoeg dat hy ontsteld is oor wat gebeur het en het vir sy gedrag om verskoning gevra.

Volgens plaaslike media is die politikus vervreem van sy vrou, Alejanda Escudero, by wie hy drie dogters het.

Die vrou in die video is later as Celeste Burgos, een van sy politieke adviseurs, geïdentifiseer, berig The New York Post.


Meer oor:  Zoom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.