Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
‘Ramkat’ behandel ná sy orgie in ‘hotel’ met 5 wyfies

’n Mannetjieskat van China moes mediese behandeling kry nadat hy in een nag met vyf wyfies gekattemaai het.

NZ Herald berig Xiaopi, ’n Russiese bloukat, moes ná sy middernagtelike orgie binneaarse-voeding kry. Dít nadat hy in een aand met minstens vyf wyfies gepaar het.

’n Russiese blou kat. Ter illustrasie.Foto: Unsplash

Sy eienaars het hom op 1 Oktober in ’n dierehotel in die Guangdong-provinsie gelos, waar sy hy só tekere gegaan het dat hy skoon flou van uitputting was, berig The Mirror.

Die kat se eienaar sê op sosiale media hy het op beeldmateriaal van die geslotebaantelevisie gesien hoe sy kat met minstens vyf katte in een aand doenig is.

“Ek het gedink hulle sal professioneel wees. Hulle het hom die hele dag nie kos gegee nie en toe die aand die hokke oopgelos sodat die katte vrylik kan rondloop.”

Hy sê die eienaar van die dierehotel was daarna vies vir hom toe hy gesê het sy kat is nie gekastreer nie.

“Hulle wou hê ék moet die voorval aan die ander eienaars verduidelik. My kat is uitgeput en hy het binneaarse-voeding gekry. Hoe is dit mý skuld?”

7 News sê die dierehotel het later verskoning gevra en aangebied om Xiaopi se veeartsrekening te vereffen en die eienaars te vergoed wie se wyfies sy katkinders dra.

Xiaopi se eienaar sê hy het ten volle van sy kattekwaad herstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.