Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Rot kry medalje nadat hy talle landmyne uitsnuffel

’n Rot wat waarskynlik talle lewens gered het deur onder meer 39 landmyne in Kambodja uit te snuffel, het ’n goue medalje vir sy dapperheid en toewyding ontvang.

Die Britse veeartsenykundige liefdadigheidsorganisasie People’s Dispensary for Sick Animals (PDSA) het dié eerbewys aan Magawa, ’n sewejarige Afrika-reusebuidelrot, toegeken. Die PDSA se goue medalje word as die diere-ekwivalent van die George-kruis beskou, berig The Guardian.

Magawa, wat deur die Belgiese nieregeringsorganisasie Apopo opgelei is om die plofstof in die landmyne op te spoor, is die eerste rot wat die goue medalje ontvang het, berig die BBC.

Hoewel ’n reusebuidelrot tot 1,2 kg kan weeg en 70 cm lank kan wees, is hulle steeds lig genoeg om oor ’n mynveld te loop sonder dat die landmyne afgaan.

Benewens die 39 landmyne het Magawa ook 28 stuks skerp ammunisie uitgesnuffel.

Magawa, ’n rot wat landmyne uitsnuffel, met die goue medalje om die nek wat hy vir sy toewyding en dapperheid ontvang het. Foto: PDSA UK/Handout via REUTERS

Landmyne wat vermoedelik gedurende die burgeroorloë van 1970 tot die 1980’s in Kambodja geplant is, het sedert 1979 meer as 64 000 slagoffers geëis.

’n Rot word minstens ’n jaar lank opgelei voordat hy ontplooi word.

Volgens Apopo werk Magawa slegs ’n halfuur per dag waartydens hy ’n gebied so groot soos ’n tennisbaan kan kafdraf. Hierdie taak sal ’n mens met ’n metaalverklikker tot vier dae neem.

Magawa het reeds in sy opleiding goeie potensiaal gewys en hy het al meer as 14 ha deurgesnuffel.

Die rotte word geleer hoe om te krap op die plek waar hulle die plofstof van die landmyn ruik. Daardie areas word gemerk en die landmyne word dan later uitgehaal.  -

The Guardian, BBC en CNN




Meer oor:  Rot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.