SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
O wêreld
Sekspop-bordele skiet oral op
In plaas van ’n prostituut, word kliënte van The Sex Club in Parys, Frankryk, ’n silikoonmodel aangebied.Foto: Christophe Bertolin/ Getty Images

Frankryk het sy eerste bordeel met sekspoppe in Parys oopgemaak vir dié wat dit verkies om saam met plastiek pleks van regte mense onder die lakens te dans.

In plaas van ’n prostituut, word klante van The Sex Club ’n silikoonmodel aangebied, berig The Sun.

Foto’s van binne wys vier verskillende poppe van verskillende vorme, kleure en groottes wat karige onderklere dra.

Die vertrekke is versier met beeldmateriaal van seksrobotte.

Poppe van verskillende vorme, kleure en groottes wat karige onderklere dra, is by The Sex Club in Parys te sien. Foto: Christophe Bertolin / Getty Images

Brittanje se eerste “sekspopbordeel” het ook onlangs in ’n nywerheidsgebied in Gateshead oopgemaak, wat kliënte die kans gee om die poppe uit te toets voordat hulle dit koop.

’n Soortgelyke bordeel het verlede week in Amsterdam se rooiligdistrik oopgemaak – dít met die belastingbetalers se geld, berig The Mirror.

Die ongewone bordeel is oopgemaak deur die aanbieders van die TV-program Spuiten en Slikken (Spuit en sluk), ’n omstrede program oor dwelms en seks vir die Nederlandse openbare gehoor.

Die aanbieders het probeer om toeriste te lok om teen 30 euro (sowat R446) seks met een van die poppe te hê.

In plaas van ’n prostituut, word kliënte van The Sex Club in Parys, Frankryk, ’n silikoonmodel aangebied.Foto: Christophe Bertolin/ Getty Images

Volgens Thijs Verheij, woordvoerder, probeer die program uitvind of die wêreld gereed is om seks met ’n pop te hê en dit te vergelyk met seks met ’n regte mens.

“Wetenskaplikes sê dit gaan in 30 jaar baie normaal wees om seks met ’n robot te hê,” sê Verheij.

“Met die eksperiment wil ons dit vooruit hardloop en ondersoek hoe mense dit nou beskou.”

’n Onlangse meningsopname het bevind dat een in vyf Duitsers ’n robot-sekspop sal wil hê en meer as een in 20 het gesê hulle sal selfs op een verlief kan raak.

In plaas van ’n prostituut, word kliënte van The Sex Club in Parys, Frankryk, ’n silikoonmodel aangebied.Foto: Christophe Bertolin/ Getty Images

Europa is gefassineer deur dié sekspoppe vandat onder meer News.com.au in Augustus verlede jaar berig het die sekspop Fanny lok meer kliënte as regte prostitute na die Kontakthof-bordeel in Wene, Oostenryk.

Talle ander bordele in Wene het ná Fanny se sukses silikoonsekspoppe uit Japan bestel en Dortmund in Duitsland het die eerste sekspopbordeel oopgemaak, berig The Sun.

’n Soortgelyke besigheid het ook in Barcelona, Spanje, oopgemaak en ’n eksklusiewe winkel in Wene verkoop slegs silikoonlewensmaats.

Terwyl al hoe meer mense wonder hoe dit voel om met ’n robot te slaap, is nie almal so oortuig dat die sekspop-gier sal lei tot ’n wesenlike verskil in verkope of bordeelbesoeke nie.

Meer oor:  Europa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.