Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Troetelbokke ry saam op branders

Het jy al ooit gehoor van ’n bok wat branderplank ry?

Prismo en Grover, twee spierwit bokke, het strandgangers aan Kalifornië se kus behoorlik aan die gons met hul vernuf tussen die branders.

Dié twee is die troeteldiere van Dana McGregor (42), ook ’n branderplankryer. McGregor is die een wat die bokke se talente ontdek het.

“Ek het eintlik aanvanklik net die een bok gekry om giftige eikehout in my erf uit te roei. Ek het een jaar op my verjaardag besluit om te gaan branderplank ry en toe vat ek die bok saam,” vertel McGregor oor sy dekade lange stokperdjie met sy troetelbokke.

Dana McGregor van Kalifornië staan links van Prismo, die bok wat branderplank ry, terwyl hulle kinders leer hoe om branders te ry. Foto: Reuters

Sedertdien het McGregor besluit om sy liefde vir branderplankry met kinders te deel. Prismo en Grover is glo instrumenteel om die kinders te leer en hul vrese vir die water te verjaag.

“Ek was eers ’n bietjie bang, maar toe doen ek dit nog ’n keer en dis nou baie pret. Veral saam met Prismo,” sê een van die studente, Mileah Robbins (10), nadat sy met die bok die branders aangedurf het.

Die bokke is glo baie ontspanne en geniet die branders terdeë. – Reuters

Meer oor:  See  |  Bokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.