Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Viëtnam-polisie lê beslag op ‘herwinde’ kondome

Die polisie in Viëtnam het sowat 345 000 gebruikte kondome gekonfiskeer wat skoongemaak en as nuwe kondome verkoop is.

Die staatsbeheerde televisiediens (VTV) het vandeesweek beeldmateriaal uitgesaai van dosyne groot sakke vol gebruikte kondome in ’n pakhuis in Bin Doeong, ’n provinsie in die suide van die land.

Die polisie sê die sakke het meer as 360 kg geweeg, wat gelykstaande aan sowat 345 000 kondome is, het VTV berig.

Die eienaar van die pakhuis het gesê hulle kry “maandeliks ’n besending gebruikte kondome van ’n onbekende persoon”, het die staatskoerant Tuoi Tre berig.

’n Vrou wat gedurende die klopjag in hegtenis geneem is, het vir die polisie gesê die gebruikte kondome word eers in water gekook, dan drooggemaak en op ’n houtpenis gevorm voordat dit verpak en verkoop word. Sy het $0,17 per kilogram vir die herwinde kondome gekry.

Volgens VTV is dit nie duidelik hoeveel daarvan al verkoop is nie.

Die eienaar van die pakhuis en die vrou was nie beskikbaar vir kommentaar nie. – Reuters

Meer oor:  Viëtnam  |  Seks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.