Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Vrou (85) en vyf mans vas wat seks het in park

Een vrou (85) en vyf mans tussen die ouderdomme van 62 en 82 is in Fairfield in die Amerikaanse deelstaat Connecticut in hegtenis geneem nadat hulle glo gevang is waar hulle seks gehad het in ’n bewarea, berig die Associated Press.

Die vrou is glo met een van die mans getroud, berig Daily Mail.

Die groep is verlede week aangekeer in die Grace Richardson-bewarea, nadat die polisie klagtes ontvang het oor mense wat met “wulpse en seksuele aktiwiteite” in die gebied besig is, berig USA Today.

Die polisie het vasgestel die gebied word op die internet geadverteer as ’n plek waar mense kan ontmoet om seks te hê en het aktiwiteite nouer begin dophou, waarná hulle die ses op heterdaad betrap het, berig NBC Connecticut.

Een van die mans is al vantevore aangekeer omdat hy kaal in ’n park rondgeloop het.

Die ses, wat aangekla word van onder meer dat hulle die “vrede versteur” en van openbare onwelvoeglikheid, is vrygelaat totdat hulle in die hof moet verskyn.

Meer oor:  Fairfield  |  Connecticut  |  Seks In Die Openbaar  |  Groepswoeps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.