Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Vrou se eerste app-afspraak raak toe bankroof...

Daardie eerste romantiese Valentynsdag-afspraak kan dalk die begin van ’n lang en gelukkige verhouding wees.

Of jy kan jou gróót probleme op die hals haal.

’n Amerikaanse vrou se eerste afspraak met ’n man wat sy op ’n maatsoek-app leer ken het, het in ’n nagmerrie ontaard.

Hy het haar gedwing om haar voertuig as ’n ontsnappingsmotor in te span pas nadat hy ’n bank beroof het.

Die 40-jarige Shelby Sampson het 5 Desember 2016 niks daarvan gedink toe die 33-jarige Christopher Castillo, wat sy kort tevore by sy ouers se huis gaan oplaai het, gevra het dat hulle gou by die bank stilhou nie.

Kort daarna het ’n swetende Castillo met ’n wapen, hoed, sonbril en $1 000 kontant by die Bristol County Savings Bank uitgehardloop gekom. Hy het al vloekend in die motor gespring en haar beveel om weg te jaag.

Die polisie was gou op hul hakke en ’n jaagtog deur die strate van Attleborough Falls op Rhode Island het gevolg.

Sampson het uiteindelik uit die voertuig gespring, en Castillo het platgelê in die motor totdat die polisie hom daar uitgepluk het. Hy het teëgestribbel en een van die polisielede gespoeg.

Aanvanklik het hy beweer dat sy vuurwapen nie gelaai is nie. Die polisie het op die gelaaide wapen, sy hoed, sonbril en die geld in die motor beslag gelê.

Castillo is Dinsdag vir gewapende roof en aanranding vir vyf jaar tronk toe gestuur. Sampson was aanvanklik aangekla as medepligtige, maar die aanklag is later teruggetrek. CNN, The Sun Chronicle en Washington Post


Meer oor:  Afspraak App  |  Bankroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.