Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
O wêreld
Vrou skiet man dood oor pornografie

’n Vrou het in ’n woedebui haar man doodgeskiet toe sy op hul TV-rekening sien hy het wéér op ’n pornografie-kanaal ingeteken.

Patricia Hill word daarvan aangekla dat sy haar man vermoor het. Foto: Jefferson County Sheriff's Office

Patricia Hill (69) staan in die hof in die Amerikaanse deelstaat Arkansas tereg op aanklag van moord op haar man, Frank Hill (65), berig die plaaslike koerant, The Pine Bluff Commercial.

Sy het hom glo in 'n gehuggie in die tuin van hul huis in Pine Bluff in Julie 2018 doodgeskiet.

Volgens 'n verklaring deur die Jefferson County Sheriff se kantoor is die kanaal vroeër gekanselleer en het haar man twee keer met 'n .22-geweer geskiet toe sy sien die kanaal is weer op die rekening bygevoeg.

Die vrou het glo “haar verstand verloor” toe sy dit sien, het die hof gehoor.

Hill pleit onskuldig weens haar geestelike toestand.

Bill James, Hill se regsverteenwoordiger, sê die egpaar was basies van mekaar vervreemd, maar haar man se gewoonte om pornografie te kyk, het “haar en haar God aanstoot gegee”.

"Sy het hom herhaaldelik gevra om op te hou, hy het gesê dis reg hy sal, en dan het hy glo net aangegaan om dit te doen."

Meer oor:  Huishoudelike Geweld  |  Hof  |  Pornografie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.